News – Page 3 – Claasens Designs CC

News

Biltong en die Voortrekkers

biltong

Speseryhandel aan die Kaap na 1652 het 'n groot invloed gehad op die ontstaan en maak van biltong in Suid-Afrika. Daar kon nou eksperimenteer word met verskillende speserye en geure tydens die maak van biltong - want die nodige geurmiddels was beskikbaar vanaf die skepe wat by Kaap die Goeie Hoop se verversingspos aangedoen het. Toe die grensboere dus in die 1830's besluit het om die binneland in te beweeg was biltong hulle primêre bron van proteine.  Die Voortrekkers was nie regtig jagters nie, hulle was boere op soek na 'n beter lewe vir hulle en hulle nageslag.  Hulle sou daarom...

Read more →


Hoeveel is 2 021 minus 1 955?

Claasens 66 jaar

Hoeveel is 2 021 minus 1 955? 66 jaar – dit is hoe lank Claasens al deel is van Suid-Afrika se jag- en slagbedryf! Die prototipe Claasens handbiltongkerwer is reeds in 1955 vervaardig uit hout en stukkies afval metaal. Die ontwerp is deur mnr Willem Claasens Snr. gedoen.  Die kommersiële biltongkerwers word van gegote aluminium gemaak.  Dieselfde unieke spiraallem word steeds gebruik om die kerf van biltong pure plesier te maak.                                               Prototipe                                                                    Vandag ‘n Paar jaar later is ‘n...

Read more →


Wildsbiltong vs Beesbiltong

In ons Blog van Januarie 2015 het ons gekyk na die gesondheidsvoordele van beesbiltong, maar aangesien dit nou winter en jagtyd is, is dit dalk 'n goeie idee om bietjie dieper te kyk na wildsbiltong. Wanneer dit kom by die keuse tussen wild- of beesbiltong is dit baie keer 'n kwessie van smaak.  Wildsbiltong is alombekend in Suid-Afrika en veral Kudu en Springbok word gebruik, maar ook volstruis is baie gewild.  Alle biltong is goeie protein bronne, maar die verskil kom by die vet inhoud. Die hoeveelheid vet word natuurlik bepaal deur die snit vleis wat gebruik word, maar omtrent altyd...

Read more →


Biltong - die gesonde peuselhappie

biltong biltong gesond peusel happies

Ons is almal baie lief vir eet.  Of ons nou rustig by die huis sit of op kantoor swoeg om deur die dag te kom – ‘n lekker eetdingetjie is altyd welkom en die blote gedagte aan iets te ete laat gewoonlik sommer ons monde water. Die probleem is dat die meeste peuselhappies ongesond is en niks goeds voorspel vir ons gewig nie.  Maar ons hier by Claasens Designs het die ideale oplossing: Peusel aan biltong!  Biltong is hoog in proteïen, yster en kreatien en bevat geen suiker en ander bymiddels nie.  Dit is laag in koolhidrate en is daarom...

Read more →


Dagwoods en/of Hamburgers vir die honger hordes die vakansie!

Hier in Suid-Afrika is dit nou somer - droog en warm en amper tyd vir die skole en universiteite om te sluit vir die lang somervakansie. Vir enige ma is hierdie tyd 'n kopseer - wat om te ete te gee vir die honger hordes - veral as hulle uit die swembad of see kom, dan is die honger mos eers erg! Berei heerlike gesonde hamburgers en jy sal almal se gunsteling ma wees.  Gebruik een van die reeks Claasens Patty Drukkers en in 'n japtrap het jy genoeg te ete vir almal. Claasens se Patty Drukkers werk baie eenvoudig...

Read more →