Dagwoods en/of Hamburgers vir die honger hordes die vakansie! – Claasens Designs CC

Dagwoods en/of Hamburgers vir die honger hordes die vakansie!

Hier in Suid-Afrika is dit nou somer - droog en warm en amper tyd vir die skole en universiteite om te sluit vir die lang somervakansie.

Vir enige ma is hierdie tyd 'n kopseer - wat om te ete te gee vir die honger hordes - veral as hulle uit die swembad of see kom, dan is die honger mos eers erg!

Berei heerlike gesonde hamburgers en jy sal almal se gunsteling ma wees.  Gebruik een van die reeks Claasens Patty Drukkers en in 'n japtrap het jy genoeg te ete vir almal.

Claasens se Patty Drukkers werk baie eenvoudig en effektief en is maklik om skoon te maak.  Dit word vervaardig van gegote aluminium en die kwaliteit is uitstekend.

Ons Dagwood Patty Drukker is uniek in die mark en deur dit gebruik het jy geen meer droë broodhoeke nie.  Die meeste patty drukkers op die mark is rond, maar 'n sny brood (waarmee ons 'n Dagwood maak) is vierkantig - so die oplossing - 'n Vierkantige Patty Drukker!

 

 

"Pattie" resep

1 kg maalvleis

1 eetlepel sout

1 teelepel peper

1 teelepel fyn neut

1/2 teelepel fyn naeltjies

1 eetlepel fyn koljander

1 rou eier

1 medium ui fyn gekerf of gerasper

1 eetlepel koekmeel

Meng alles baie goed met die maalvleis, en maak jou eie lekker patties deur een van die Claasens Pattie Vormers te gebruik.

 


Older Post Newer Post