Wildsbiltong vs Beesbiltong – Claasens Designs CC

Wildsbiltong vs Beesbiltong

In ons Blog van Januarie 2015 het ons gekyk na die gesondheidsvoordele van beesbiltong, maar aangesien dit nou winter en jagtyd is, is dit dalk 'n goeie idee om bietjie dieper te kyk na wildsbiltong.

Wanneer dit kom by die keuse tussen wild- of beesbiltong is dit baie keer 'n kwessie van smaak.  Wildsbiltong is alombekend in Suid-Afrika en veral Kudu en Springbok word gebruik, maar ook volstruis is baie gewild.  Alle biltong is goeie protein bronne, maar die verskil kom by die vet inhoud.

Die hoeveelheid vet word natuurlik bepaal deur die snit vleis wat gebruik word, maar omtrent altyd is wild 'n maerder keuse as bees. Hier volg 'n kort opsomming van die voedingswaardes (per 25g) vir bees-, wild- en volstruisbiltong:

VOEDINGSWAARDE OPSOMMING (per 25g)

 

BEES

WILD

VOLSTRUIS

Kalorieë

60

58.5

57.3

Vet

1.3 g

0.2 g

0.6 g

Proteine

11.5 g

13.3 g

12.2 g

Dit is dus duidelik dat wild- en volstruisbiltong bo-aan die lys kan staan vir gewig- en gesondheidsbewuste individue!

Biltong is 'n veelsydige produk wat 'n gesonde basis vir vele maaltye kan vorm - gebruik dit in geregte, hou dit byderhand tydens staptogte of as peuselhappie in jou lessenaar laai.

Bron:  Die Internet

 

 

 

 

 

 


Older Post Newer Post