Recipes & Facts – Claasens Designs CC

Recipes & Facts

Claasens Designs se "Resepte met biltong" is nou beskikbaar!

Kliek hier om dit af te laai en gebruik dit gerus - gratis en verniet beskikbaar aan u ons gewaardeerde kliënt!

 

The Claasens recipe book is also available in English - click this link to download it for free.

 

En, sommer vir die lekker, volg hier nog 'n klompie resepte wat julle kan probeer! 

 

TUISGEMAAKTE BOEREWORS

Piet Aucamp
BB Motors Tzaneen

(Ongeveer 3.5kg)
1.5kg – Bladstuk
1.5kg – Maer varkvlies
500g – Varkspek (7mm blokkies gesny)
85g – Worsderms
3½ – Teelepels sout
1 – Teelepel peper
4½ – Eetlepels koljander
½ – Teelepel gemaalde naeltjies
1 – Teelepel gemaalde neutmuskaat
ı – Koppie asyn
¼ – Teelepel knoffel of knoffelvlokkies (opsioneel)
Skroei die koljander tot ligbruin, maal en sif. Maal die bladstuk en varkvleis en voeg die res van die bestanddele by. Meng deeglik en stop die worsderms daarmee.

 

Geurige tamatie-biltong-en-blaarslaaisop

Genoeg vir 4-6
Tyd: 25 minute

 

BESTANDDELE

2 volgraan pitabroodjies, oopgesny
paprika, om bo-oor te sprinkel
1 kg tamaties, grofgekap
½ komkommer, grofgekap
1 rooirissie, fyngekap (opsioneel)
½ rooi-ui, gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en gekap
’n hand vol basilieblare
1 knoffelhuisie, fyngedruk
10 ml witwynasyn
45 ml soetrissiesous
binneste blare van blaarslaaikop, vir opdiening
dun gesnyde biltong (sonder vet), vir opdiening

METODE

1 Stel die oond op 200 °C. Sny die pitabroodjies in wiggies en plaas op ’n bakplaat. Sprinkel met die paprika en bak vir 15 minute tot bros.
2 Blits die tamatie, komkommer, rissie, uie, soetrissie, basilieblare, knoffel, asyn en soetrissiesous saam tot glad. Bedek en plaas in yskas tot koud. Geur. Bedek met blaarslaai en biltong en dien op saam met pitawiggies.

WENK: Die sop smaak selfs beter na drie dae in die yskas.

 

Tuisgemaakte Droëwors – Maak Jou Eie Droëwors Met Die Resep

Bestanddele:

  • 4.5 kg Beesvleis
  • 1 kg Skaapstert Vet (Of Beesvet)
  • 5 ml Gemaalde Naeltjies
  • 20 g Heel Koljander
  • 65 ml Fyn Sout
  • 10 ml Varsgemaalde Peper
  • 90 g Skaapderms (Week in warm water indien in sout gehou)

Metode:

  1. Sit die koljander in 'n droë braaipan en skroei oor matige hitte tot lig bruin terwyl aanhoudend geroer word.
  2. Verwyder en stamp baie fyn.
  3. Sny die vleis en vet in blokkies en meng deeglik met al die bestanddele.
  4. Maal die vleis met 'n medium/growwe lem.
  5. Stop die derms met 'n Claasens Worsstopper, maar wees versigtig om die wors nie te styf te stop nie.
  6. Dompel die wors vir 'n paar sekondes in 'n mensel van 4.5 liter kokende water en 350 ml asyn en hang dit op om droog te word.
  7. Na 24 uur, druk die wors effens plat sodat enige lugblasies verwyder word (hierdie lugblasies kan muf veroorsaak).
  8. Laat die wors verder droog word.

Notas:

Aangesien die vleis nie gaargemaak word nie, moenie enige vark produkte gebruik nie.


Read more http://www.liplekkerresepte.futureriverdesigns.com/tuisgemaakte-droewors.html

 

BOEREWORS ROLL & SAUCE

Ingredients

6 hot dog rolls 
6 pieces of Boerewors (15cm)
margarine/butter

Sauce: 
15ml oil 
1 large onion, finely chopped 
2 large tomatoes, chopped 
10ml (2 tsp) sugar 
2 cloves of garlic, crushed 
125g button mushrooms, sliced 
1 yellow pepper, seeded and chopped 
5ml mixed herbs 
salt & pepper to taste

Directions

  1. Fry the Boerewors in a pan or braai over hot coals.
    2. Slice the hot dog rolls in the length, but not right through.
    3. Butter the inside of the roll and place the cooked Boerewors in the roll. Set aside. 
    4. To make the sauce: Heat the oil and fry the onions, tomatoes garlic yellow pepper and mushrooms together. 
    5. Season this mixture, add the sugar and simmer for 20 minutes until the sauce has thickened. 
    6. Spoon the sauce over the Boerewors in the roll and serve with a salad at a braai.

 

GEBAKTE WORSROLLE

Picture

GEBAKTE WORSROLLE 
2 groot uie
1 blikkie tamaties
1 pakkie goeie kwaliteit boerewors
Brooddeeg * (resep hieronder anders klaargekoopte deeg van Spar)
Sny die uie fyn en braai in 'n bietjie olie, meng die blikkie tamaties by en prut totdat die smoor dik raak.
Braai die wors tot gaar.  (Gebruik 'n Claasens worsstopper as jy jou eie boerewors wil maak.)
Rol reghoeke uit die brooddeeg - bietjie breer as die wors.
Plaas die wors aan die onderkant van die deeg en smeer 'n goeie lagie smoor langsaan.
Rol die deeg om totdat die smoor en wors mooi bedek is en vou die kante in.
Verf 'n bietjie eiergeel daaroor vir 'n mooi goud/bruin kleur.
Bak teen 180°C vir ongeveer 10 tot 12 minute.
 
*BROODDEEG:
3k meel
1k water
1t sout
1t suiker
1T botter
1 pakkie
kitsgis
Sif die droë bestanddele saam, 
Voeg water en botter by en knie vir 10 minute.
Bedek en laat om tot dubbel in grootte te rys.
Knie plat en rol in dun reghoeke van ongeveer 20x 30 cm.
Bron: Jon Hey
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK 

 

Min Moeite Biltong Slaai

Bestanddele

9 Eiers 

Vars Slaaiblare

Miracle Whip 

Fyn Biltong

Metode Kook eiers tot hard. Ontdop die eiers en maak dit fyn. Neem slaaiblare en sny fyn. Gooi 'n laag slaaiblare in 'n slaaibak. Skep 'n paar lepels Miracle Whip oor die slaaiblare. Gooi 'n lagie eiers oor die Miracle Whip. Gooi nou 'n lagie fyn biltong oor die eiers. Herhaal totdat daar so 3 lae van alles is of totdat die bestanddele klaar is.  Wenk Sny Salami fyn en gooi oor die Miracle Whip volg dan met eiers en biltong.

(Bron:  Internet)

 

Die resep wat volg het bietjie meer moeite:

Slaaisous:

1 Knoffelhuisie, gekneus

125 ml Vars pietersielie, gekap

½ Koppie Sprietuie, gekap

2,5 ml Gemaalde swartpeper

2,5 ml Korrelmosterd

125 ml Olyfolie

30 ml Wit asyn

15 ml Suiker

Slaai

500 ml Dun gekerfde biltong

2 Koppies Kaas, in blokkies gesny

2 Avokado’s in skywe gesny

4 Hard Gekookte eiers, in kwarte gesny

1 Rooi Soetrissie, in blokkies

Blaarslaai

Slaaisous : Meng bestanddele vir slaaisous en marineer gekerfde biltong in yskas vir 24 uur.

Slaai : Pak groot slaaibord of individuele borde met res van slaaibestanddele. Sprinkel biltong en van die slaaisous oor. Sit met res van slaaisous voor.

(Bron:  Internet)

 

"Pattie" resep

1 kg maalvleis

1 eetlepel sout

1 teelepel peper

1 teelepel fyn neut

1/2 teelepel fyn naeltjies

1 eetlepel fyn koljander

1 rou eier

1 medium ui fyn gekerf of gerasper

1 eetlepel koekmeel

Meng alles baie goed met die maalvleis, en maak jou eie lekker patties deur een van die Claasens Pattie Vormers te gebruik.

 

Biltong Balletjies
227 g roomkaas
3 Hardgekookte eiergele
3-4 Eetlepels Biltong (fyn)
Metode:
Klits kaas, voeg by eiergele en klits goed. Maak klein balletjies, rol in fyn biltong. Plaas in yskas.

Fyn, (poeier biltong) kan in 'n japtrap gemaak word met 'n Claasens Biltong Rasper!

 

Gesonde Tuisgemaakte Hamburgers

Lewer 4 – 5 burgers

500 g maer bees-of volstruis-maalvleis
1 ui, gerasper
2 wortels, gerasper
1 eier, geklits
60 ml (¼ k) goeie gehalte blatjang van jou keuse, bv. appelkoos of tamatie
15 ml (1 e) gedroogde gemengde kruie
60 ml (¼ k) gekapte vars Italiaanse pietersielie of ’n mengsel van pietersielie, origanum en tiemie
suurlemoensap, sout en peper
’n bietjie olyf- of avokado-olie om dit in te braai
4-5 volkoring broodrolletjies
slaaibestanddele van jou keuse

  1. Plaas al die bestanddele, behalwe die olie, brood en slaaibestanddele, in ’n groot mengbak en meng alles deeglik saam. Dit werk goed om dit met jou hande te meng, maar moenie die vleis te veel saampers nie. Geur na smaak met suurlemoensap, sout en peper.
  2. Vorm die maalvleismengsel in 4-5 ewe groot balletjies. Plaas ‘n Claasens Pattie Drukker van jou keuse oor die eerste balletjie en druk af. Hoe harder jy druk hoe fermer gaan jou pattie wees.  Herhaal die proses met die ander vleisballetjies.
  3. Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in ’n groot braaipan. Braai aan beide kante tot goudbruin.
  4. Verlaag die hitte, sit ’n deksel op en prut 2-3 minute of tot gaar. Skep uit en sit op broodjies met slaaibestanddele en souse van jou keuse.

 

Biltongpotjie

Olyfolie
Gegeurde sout
Ketel kookwater
3 Uie, gesny
1 Pakkie sampioene, gesny
1 Pakkie gesnipperde spek
1 Pakkie frankfurter worsies, gesny
1 Pakkie cheesegriller worsies, gesny
1 kg biltong chunks, gesny in 1cm chunks met ‘n Claasens Hout Chunk Snyer
Halwe pak geskroefde noedels
1 Blik pitmielies
3 Gesnyde soetrissies
250g gerasperde kaas
2 Houertjies vars room

Metode:

Braai uie en sampioene in olyfolie met gegeurde sout
Gooi spek by en braai vir 2 minute
Voeg dan die worsies by en braai vir 5 minute
Gooi skroefnoedels by met 1 ketel kookwater
Maak pot toe en kook vir 20 minute
Gooi biltong, mielies en soetrissies in
Maak deksel toe en stoom vir 5 minute
Maak oop en roer deur
Kyk net dat dit nie droog kook nie
Gooi kaas en room oor en laat staan vir 5 minute

Wenk: Gooi die biltong regtig heel laaste by, dan die room en kaas. Sit die deksel op en sodra die kaas gesmelt het, is dit etenstyd. Biltong word nie regtig gaar nie. Jy kan selfs die biltong chunks bietjie dikker as 1cm ook sny.  Soos genoem is ‘n Claasens Hout Chunk Snyer net die regte ding om daarvoor te gebruik.