About Us – Claasens Designs CC

About Us

Van toeka tot nou!   Then and Now!
Ons is die oorspronklike vervaardigers! We are the original manufacturers!

 

Die eerste hand biltong kerwer was vervaardig uit hout en stukkies afval metaal.  Vandag word dit vervaardig uit aluminium.

           

 

The original Claasens electric biltong slicer came into existence in 1955.  It was developed and patented by Mr Willem Claasens senior.

Nowadays it looks a bit different!

           

The current company, Claasens Designs CC, came into existence in July 2010 and market a range of food processing products to established South African and international markets.

Die biltongverwerkingstoerusting is alom-bekend vir hulle unieke ontwerp en kwaliteit, almal gebaseer op die oorspronklike patent.  Die reeks bestaan uit elektriese kerwers, elektriese chunk kerwers, ‘n elektriese rasper, elektriese mini kerwers, hand biltong kerwers en hand biltong chunk kerwers in hout en aluminium. Die nuutste toevoeging tot die handbiltongkerwers is 'n multikerwer wat verstelbaar is tussen 2 en 9 mm - sny dus enige dikte biltongskyfies tussen 2 en 9 mm - en sny sommer nog 'n paar ander goed ook!

A wide range of products for the processing of raw meat is also available, for example: sausage fillers and patty formers in different sizes, to name but a few.

Die worsstoppers bestaan uit twee modelle – ‘n 2.8 liter wat met ‘n hefboom werk en ‘n 3.1 liter wat ‘n ratstelsel het.

Die pattie vormers bestaan uit twee gewone ronde pattie drukkers – een met ‘n 100mm-deursnee en een met ‘n 130mm-deursnee.  Dan is daar die Claasens Dagwood pattie drukker.  ‘n Unieke vierkantige pattie vormer spesiaal vir die maak van Dagwoods – geen meer droë hoeke vir jou dagwood nie – dié pattie lê mooi die hele vierkantige sny brood vol! Dan het ons ook 'n rib pattie vormer, vir daardie heerlike ribburgers.

Die Claasens Vleissaag is 'n gewilde item.  Hierdie is 'n medium grootte saag met 'n hoë wringkrag motor wat voldoende is om gemaklik deur vleis en bene te saag.  

Ons het ook 'n nr 32 elektriese meule wat die maal van vleis 'n absolute plesier maak. Kyk gerus ook na die nr. 22 elektriese meule as jy 'n bietjie kleiner model soek.

No 32 Claasens Meat Mincer

 

Do you love hanging out with friends around the dinner table?  See our Friendship Potjie - your guests cook their own food while you chat around the table! 

The business has its own aluminium foundry where products are designed and manufactured from start to finish.  The process involves pattern making, casting, machining and assembling.  The company sustains a more than 80% rate in-house manufacturing.  Not only is a high priority set for development of new products, but spare parts (like blades etc.) can be supplied for many years.

Die reeks onderdele bestaan uit onder andere:  vervangbare lemme vir die elektriese- en hand kerwers asook ‘n stopper vir die invoer van daardie laaste stukkie biltong in die elektriese kerwer.  'n Aluminium biltongbakkie wat perfek onder ons handbiltongkerwers pas, kan aangekoop word.

Twee vervangbare vuller pypies vir die worsstoppers is ook beskikbaar. Dit is beskikbaar as die gewone PVC en nou ook in "Stainless Steel" - kontak ons gerus vir meer inligting oor hierdie vlekvrye staal vuller pypies.  Ander onderdele kan op versoek verskaf word.

Kontak ons gerus vir meer inligting - 058 852 1632 of stuur 'n e-pos na info@claasensdesigns.co.za