News – Claasens Designs CC

News

LEMME VIR ELEKTRIESE BILTONGKERWERS

vleklose staal lem; stainless steel blade

LEMME VIR ELEKTRIESE BILTONGKERWERS

Die Claasens Elektriese Biltongkerwer is die oorspronklike ontwerpte biltongkerwer en die mates van lemme het deur al die jare dieselfde gebly.  Alle elektriese kerwers behoort dieselfde lem te gebruik.  Moenie sukkel met ‘n stomp lem op jou elektriese biltongkerwer nie, daar is ‘n maklike oplossing! Lemme kan ‘n hele paar keer geslyp word, maar moet verkieslik na ‘n tyd vervang word om die beste biltongsnyaksie te verseker.  Nuwe lemme is beskikbaar in verharde hoë koolstofstaal of vlekvryestaal. Biltongkerwer lemme het ‘n relatief lang lewe.  Ons lemme kan tot soveel as 5mm weggeslyp word, voordat die lem vervang moet word –...

Read more →


MONDSTUK VAN DIE CLAASENS ELEKTRIESE BILTONGKERWER

replaceable mouthpiece vervangbare mondstuk;

MONDSTUK VAN DIE CLAASENS ELEKTRIESE BILTONGKERWER

Die mondstuk van die industriële elektriese biltongkerwers van Claasens is so ontwerp dat dit vervang kan word sou dit uitslyt na baie gebruik, of sou dit andersins beskadig word. Hierdie is maar een van die unieke kenmerke van die Claasens elektriese biltongkerwers.  Die ander plus punt van hierdie besondere kerwers is die feit dat genoemde mondstuk lank genoeg is om veilig vir die gebruiker se vingers te wees.  Daarmee saam is daar ook openinge in die mondstuk sodat die snyvlak daardeur gesien kan word. Indien die slytvlak van die mondstuk (binnekant waarteen die lem verby beweeg), in 'n goeie toestand...

Read more →


Hand Biltong Multi Kerwer - SPLINTERNUUT!

adjustable biltong slicer biltong multi multi biltong slicer multi biltongkerwer verstelbare biltongkerwer verstelbare kerwer

Hand Biltong Multi Kerwer - SPLINTERNUUT!

Dik of dun?  Jy hoef nooit weer te kies nie!  Nou kan jy dik en dun biltong skyfies kerf met dieselfde kerwer. Die jongste toevoeging tot die Claasens reeks biltongkerwers is ‘n verstelbare handkerwer.  Met die draai van ‘n knoppie kan jy nou besluit of jou biltong dik of dun gekerf moet word en enigiets tussenin!  (2 tot 9 mm) Net soos die gewilde Claasens Hand Biltongkerwer en die Hand Biltong Chuncksnyer skroef hierdie kerwer ook aan die tafelblad was.  Dit word, net soos al die ander Claasens produkte, van gegote aluminium vervaardig en dieselfde doeltreffende spiraallem word ook hier...

Read more →


Biltong, baba en tandekry pyne!

baba biltong tandekry

Biltong, baba en tandekry pyne!

BILTONG, BABA EN TANDEKRY PYNE Tandekry is nie kinderspeletjies nie en ‘n baba wat tande sny is beslis nie die vriendelikste dingetjie op hierdie aarde nie, maar daar is iets wat kan help – ‘n lekker dik stuk biltong om aan te kou, groot genoeg dat baba dit nie heeltemal in sy/haar mond kan druk nie! Kyk hierdie oulike video om te sien hoe ‘n baba ‘n hele ruk gelukkig en tevrede is met ‘n lekker stuk biltong - https://www.youtube.com/watch?v=nCaKsc28i5E Daar is selfs slaghuise en biltongwinkels wat spesiale biltong maak, sonder baie sout en speserye, vir babas se tandekry dae....

Read more →


Hoe bêre mens biltong?

bêre biltong; berg biltong; opberging van biltong; vries van biltong

Hoe bêre mens biltong?

Dit is nou net vir die van ons wat wilskrag het en nie alles gelyk opeet nie! Maar ernstig nou, wat is die beste manier om biltong te berg? Biltong is ‘n natuurlike produk en moet dus op ‘n natuurlike manier gestoor word.  Hoe “natter” jy van jou biltong hou, hoe vinniger kan dit muf.  Ekstra sorg moet dus aan die dag gelê word as jy nat biltong wil bêre.   Suid-Afrika se klimaat, met ‘n humiditeit van laer as 30%, is ideaal vir die maak en berging van biltong. Biltong se “raklewe” kan verleng word deur dit met sorg te...

Read more →