Kersgeskenke vir gereelde kliënte – Claasens Designs CC

Kersgeskenke vir gereelde kliënte

biltong ideale geskenk Kersfees kersgeskenke Kerstyd geskenk Korporatiewe geskenke unieke geskenk

Is jy 'n entrepreneur met jou eie besigheid en wil jy graag hierdie Kersfees aan jou gereelde kliënte 'n unieke geskenk gee om hulle te bedank vir hulle ondersteuning deur die jaar?  Of werk jy vir 'n maatskappy wie op soek is na bekostigbare korporatiewe geskenke om teen Kerstyd aan gereelde kliënte uit te deel?

Claasens het vir jou die antwoord - ons uiters gewilde hand biltongkerwers is die ideale geskenk.  Bestel groter hoeveelhede by ons en kry 'n goeie afslag op ons gewone handelsprys.  Hoe meer jy koop - hoe groter die afslag!  Al ons produkte is beskikbaar op hierdie aanbieding, maar ons beveel die hand biltongkerwers, wat insluit die houtkerwer en die alu chunk snyer, en die pattie vormers aan.

Kyk gerus na ons videos om te sien hoe maklik dit is om die Claasens produkte te gebruik en dink net hoe bly gaan julle kliënte wees as hulle so 'n oulike geskenk vir Kersfees kry!

Kontak ons so gou moontlik en gesels met ons oor jou behoefte.  Die tyd vlieg so vinnig en Kersfees is om die draai!

Bederf hierdie jaar julle lojale kliënte met 'n Claasens produk!

 


Older Post Newer Post