LEMME VIR ELEKTRIESE BILTONGKERWERS – Claasens Designs CC

LEMME VIR ELEKTRIESE BILTONGKERWERS

vleklose staal lem; stainless steel blade

Die Claasens Elektriese Biltongkerwer is die oorspronklike ontwerpte biltongkerwer en die mates van lemme het deur al die jare dieselfde gebly.  Alle elektriese kerwers behoort dieselfde lem te gebruik. 

Moenie sukkel met ‘n stomp lem op jou elektriese biltongkerwer nie, daar is ‘n maklike oplossing!

Lemme kan ‘n hele paar keer geslyp word, maar moet verkieslik na ‘n tyd vervang word om die beste biltongsnyaksie te verseker.  Nuwe lemme is beskikbaar in verharde hoë koolstofstaal of vlekvryestaal.

Biltongkerwer lemme het ‘n relatief lang lewe.  Ons lemme kan tot soveel as 5mm weggeslyp word, voordat die lem vervang moet word – dan is reeds baie kilogram biltong gekerf!

                            

                                         

Lemme moet geslyp word, veral as die gekerfde biltong stringe maak wat nie afgesny word nie.  Kerf biltong met die sening of vetkant eerste teen die snykant van die lem om dit mooi af te sny.  Lemme word geslyp met ‘n slyphoek van ongeveer 25° vir goeie resultate.

Lemme word vervaardig van ‘n hoë koolstofstaal wat verhard word met ‘n hoë slytasie weerstand om so lank moontlik skerp te bly.

 

Goeie nuus is dat Claasens ook nou vlekvryestaal lemme vir die elektriese kerwers en elektriese chunk snyers maak.  Spesiale hoëgraad vlekvryestaal wat verhardbaar is word gebruik om aan die kliënt die beste moontlike waarde vir geld te bied.  Die lem is “voedsel kwaliteit” en bied selfs ‘n langer lewe as die huidige hoë koolstofstaal lem.

                        

     SS EKL                                                          SS EKCSL

                                                                                

Ons beveel aan dat ‘n spaar lem altyd in voorraad gehou word.

Lemme kan na ons gestuur word om geslyp te word. 

Navrae: tel. 058-8521632  e-pos: info@claasensdesigns.co.za


Older Post Newer Post