Hand Biltong Multi Kerwer - SPLINTERNUUT! – Claasens Designs CC

Hand Biltong Multi Kerwer - SPLINTERNUUT!

adjustable biltong slicer biltong multi multi biltong slicer multi biltongkerwer verstelbare biltongkerwer verstelbare kerwer

Dik of dun?  Jy hoef nooit weer te kies nie!  Nou kan jy dik en dun biltong skyfies kerf met dieselfde kerwer.

Die jongste toevoeging tot die Claasens reeks biltongkerwers is ‘n verstelbare handkerwer.  Met die draai van ‘n knoppie kan jy nou besluit of jou biltong dik of dun gekerf moet word en enigiets tussenin!  (2 tot 9 mm)

Net soos die gewilde Claasens Hand Biltongkerwer en die Hand Biltong Chuncksnyer skroef hierdie kerwer ook aan die tafelblad was.  Dit word, net soos al die ander Claasens produkte, van gegote aluminium vervaardig en dieselfde doeltreffende spiraallem word ook hier gebruik.

Die voetstuk van hierdie kerwer is nou hoër as die gewone handbiltong- en hand chunkbiltongkerwer sodat ‘n bakkie vir jou gesnyde biltong makliker daaronder geplaas kan word.

Hierdie multi biltongkerwer is die enigste in sy soort en dus uniek.  As biltongkerwer het dit die vermoë om nat of droë biltong maklik in skyfies te sny – so elke gesinslid kan nou kies hoe dik of dun sy of haar biltong moet wees!

Dit is nou ook makliker om biltong presies reg te kerf vir verskillende gebruike – bv om oor pizza te strooi, of toebroodjies te maak of om saam met jou wyntjie tydens ‘n lekker kuier te geniet.

Probeer gerus ook groente sny - aartappel skyfies, tamatie, wortels, patats en boontjies, of beet, of uie, of …. – toets dit self!

Die kerwer maak maklik skoon – na gebruik gooi ‘n bietjie kookwater daaroor en laat dit om self droog te word.

Meer inligting oor die kerwer kan hier gelees word


Older Post Newer Post