Hoeveel is 2 021 minus 1 955? – Claasens Designs CC

Hoeveel is 2 021 minus 1 955?

Claasens 66 jaar

Hoeveel is 2 021 minus 1 955?

66 jaar – dit is hoe lank Claasens al deel is van Suid-Afrika se jag- en slagbedryf!

Die prototipe Claasens handbiltongkerwer is reeds in 1955 vervaardig uit hout en stukkies afval metaal. Die ontwerp is deur mnr Willem Claasens Snr. gedoen.  Die kommersiële biltongkerwers word van gegote aluminium gemaak.  Dieselfde unieke spiraallem word steeds gebruik om die kerf van biltong pure plesier te maak.

                    

                         Prototipe                                                                    Vandag

‘n Paar jaar later is ‘n elektriese biltongkerwer ontwikkel en nog later ‘n elektriese biltongrasper.  Dié foto is van die eerste elektriese biltongkerwer:

 Vandag sluit die Claasens produkreeks ‘n verskeidenheid van biltongkerwers asook ander vleisverwerkingstoerusting in, en word dit met trots in menige huishouding en besigheid aangewend.

Nuwe produkte word steeds ontwikkel en daar verskyn gereeld iets nuuts in die Claasens stal.  ‘n Goeie voorbeeld is die Claasens Groentekerwer wat spesifiek ontwerp is om die kerf van groente te vergemaklik.

Hou gerus hierdie spasie dop vir nog unieke Claasens produkte wat in die pyplyn is, maar moet ook nie vergeet van Claasens se ou staatmakers nie:  Ons worsstoppers en gewone ronde patty vormers is steeds beskikbaar en so ook die gewilde houtbiltongkerwer en die aluminium chunk biltongkerwer wat ook as neutkraker gebruik kan word.  Beide hierdie produkte is ideale geskenke om teen Kerstyd aan u lojale kliënte te gee.

 

Die bekwame span van Claasens Designs staan gereed om enige vrae rakende ons produkte te beantwoord.  Mag ons u vir ten minste nog 100 jaar bedien met uitmuntende diens en kwaliteit produkte!


Older Post Newer Post