Die meule van die Claasens Vleissaag – Claasens Designs CC

Die meule van die Claasens Vleissaag

Meule Mincer Nr 22 Meule Vleismeule

Die saag is standaard toegerus met ‘n nommer 22 vleismeul waarmee vleis gemaklik gemaal kan word.  Die meule en stopper word vervaardig van gegote aluminium.   Deur die stopper te gebruik, kan die vleis veilig in die meule gevoer word.

 Meule

Die meule word aan die saag geheg deur twee boute en moet verkieslik verwyder word as dit nie in gebruik is nie (dit is nie goed as die lem en lemplaat droog werk nie).  Vir veiligheid maak altyd die meule se aandryfas altyd toe met die prop of plaat wat voorsien word.  Die aandrywing van die meule is funksioneel en baie sterk. Die gebruiker moet seker maak dat niks anders as vleis in die meule beland nie.  Dit kan skade binne die meule aanrig.

Meule met stopper         Meule se aandryfas    Lem en lemplaat van Meule                  

Die lem en lemplaat van vlekvryestaal word ook as standaard met die meule verskaf.  Na baie gebruik, kan hierdie items stomp raak.  Dit kan geslyp word. 

In deel 1 van “’n Kykie binne die Claasens Vleissaag” het ons gefokus op die masjienkas en die bakwerk vir die lem van hierdie besondere vleissaag.

Deel 2 het die aandryfstelsel van nader beskou.  Die werkopening en werkvlak van die saag is bespreek in deel 3, terwyl deel 4 gehandel het oor die lem van die vleissaag.

In deel 6 sal ons fokus op die onderdele en waarborg van die 410 Claasens Vleissaag.

As jy nog nie jou saag bestel het nie, kliek hier!


Older Post Newer Post