Die werkopening en werkvlak van die Claasens Vleissaag – Claasens Designs CC

Die werkopening en werkvlak van die Claasens Vleissaag

werkopening werkvlak

Die werkopening (350x260)mm en werkvlak is voldoende vir die verwerking van medium grootte karkasse.

Die werkvlak is groot genoeg en die skuifplaat werk met ‘n groef wat dit maklik laat beweeg wanneer die vleis gesny word.  Net so werk die stopper ook baie maklik om verskillende diktes snitte te saag.  Die stopper word op een posisie vasgemaak om snitte ewe dik te kan sny.

                 

Beide die skuifplaat en die stopper kan verwyder word wanneer dit nie benodig word nie.

In deel 1 van “’n Kykie binne die Claasens Vleissaag” het ons gefokus op die masjienkas en die bakwerk vir die lem van hierdie besondere vleissaag.

Deel 2 het die aandryfstelsel van nader beskou.

In deel 4 sal ons fokus op die lem van die 410 Claasens Vleissaag.

As jy nog nie jou saag bestel het nie, kliek hier.


Older Post Newer Post