'n Kykie binne die Claasens Vleissaag - deel 2 – Claasens Designs CC

'n Kykie binne die Claasens Vleissaag - deel 2

aandryfstelsel

Die saag se aandryfstelsel van nader beskou:

Die hoë wringkrag 0.75kW motor is voldoende om gemaklik deur die vleis en bene van enige medium grootte karkas te saag. 

Betroubare aandrywing word verskaf deur die V-belt en ketting onderskeidelik.  Dit is bereken om die verlangde lemspoed te gee om effektief te saag en ook die optimum spoed vir die vleismeule te gee.

Aandrywing word moontlik gemaak deur die spie- en gleufmetode op die aste.  Die aste word elkeen deur dubbel koeëllaers ondersteun.  Deur tegnies ‘n praktiese en doeltreffende aanslag te volg, word ‘n hoë kwaliteit standaard daargestel wat die saag betroubaar maak.

In deel 1 van “’n Kykie binne die Claasens Vleissaag” het ons gefokus op die masjienkas en die bakwerk vir die lem van hierdie besondere vleissaag.

In deel 3 sal ons fokus op die werkopening en werkvlak van die 410 Claasens Vleissaag.

Al wat jy hoef te doen is om hier te klik:  http://claasensdesigns.co.za/collections/meat-band-saw-mincer/products/meat-band-saw-mincer

 


Older Post Newer Post