'n Kykie binne die Claasens Vleissaag - deel 1 – Claasens Designs CC

'n Kykie binne die Claasens Vleissaag - deel 1

meat band saw meule mincer vleissaag

Ons besef nou dat ons kan spaar deur ons eie vleis te saag (sien my vorige blog), maar hoekom sal ons dit nou met ‘n 410 Claasens Vleissaag wil doen?

Hierdie spesifieke saag het ‘n hele paar uitstaande kenmerke en oor die volgende paar dae gaan ons in diepte daarna kyk:

  1. Masjienkas en bakwerk vir lem
  2. Aandryfstelsel
  3. Werkopening en werkvlak
  4. Saag lem
  5. Meule
  6. Onderdele en waarborg

Vandag kyk ons spesifiek na die masjienkas en die bakwerk vir die lem.

Masjienkas van Claasens Vleissaag 

Die masjienkas word van 2mm staalplaat vervaardig wat dit baie stewig maak en die lewensduur verleng.  Die kas word met epoksie geverf.

Bakwerk vir die lem van die Claasens vleissaag                                           Knip op die deur van die bakwerk van die Claasens Vleissaag

Die bakwerk vir die lem is van gegote aluminium vervaardig wat duursaam is en goed vertoon.  Die knip op die deur is stewig.

Die saag kan maklik skoongemaak word deurdat beide die deur op die masjienkas en die deur op die bakwerk van die lem oopgemaak kan word.

In deel 2 sal ons fokus op die aandryfstelsel van die 410 Claasens Vleissaag.

As jy nog nie jou saag bestel het nie, kliek hier!


Older Post Newer Post