In vandag se moeilike ekonomiese toestande is dit lonend om op soveel maniere moontlik te bespaar. Ons maak dit maklik – koop jou vleis in grootmaat (sommer ‘n heel karkas) en saag dit self in die snitte soos jy verkies.
As jy ‘n jagter is, is hierdie vleissaag ook net vir jou – dink net hoeveel kan jy spaar deur self die wild wat jy geskiet het te bewerk eerder as om dit na ‘n slagter te neem?
Die 410 Claasens vleissaag is ‘n medium grootte saag met ‘n sterk aandrywing en bypassende meule. Soos al die ander Claasens produkte is die vleissaag ook van uitstaande kwaliteit en die ontwerp is tegnies van hoë gehalte.
Dit mag klink na ‘n aanvanklike groot kapitaaluitgawe om die vleissaag aan te koop, maar met dit wat jy gaan spaar deur grootmaat vleis te koop en self te saag, of om jou eie wild en ander karkasse te bewerk, gaan jy baie vinnig daardie kapitaal terugkry. Die saag is ‘n bate wat vir ‘n lang termyn van nut gaan wees!
Die addisionele bonus is dat die saag ‘n meule ook het. So jy kan ook bespaar deur jou eie maalvleis te maak en dan natuurlik jou eie wors te stop met een van die Claasens worsstoppers. Sien – vele maniere om te bespaar en sommer vinnig-vinnig het jy jou kapitaal terug en jou bate werk vir jou!
Die vleissaag is tegnies ontwikkel om ‘n effektiewe werkverrigting te gee. ‘n Hoë wringkrag motor, betroubare aandryfstelsel en stabiele lem maak vleisverwerking ‘n plesier!
Die werkopening van (350x260)mm gee kapasiteit vir verwerking van medium karkasse. Die werkvlak is groot genoeg en die glybord werk met ‘n groef wat dit maklik laat beweeg of dit kan verwyder word wanneer dit nie benodig word nie.
‘n Lemspoed van 9 m/s verseker ‘n gemaklike werkstempo. Met ‘n lem verstelling van 30mm, kan lemme meermale gelas word as dit breek. Die 16mm breë lem word goed ondersteun deur koeëllaers om stabiel te wees vir goeie saagwerk.
Die nr 22 vleismeul is groot genoeg om vleis gemaklik te maal. Die meule word ook voorsien van ‘n stopper waarmee die vleis ingevoer word.
Die saag word tegnies ondersteun deur ‘n een jaar waarborg en is onderdele maklik bekombaar.
Maak seker jy trek finansiële voordeel uit die aankoop van grootmaat vleis en/of die verwerking van jou eie karkasse. Bestel vandag nog jou 410 Claasens vleissaag met bypassende meule. Jy sal nie spyt wees nie!
Al wat jy hoef te doen is om hier te klik: http://claasensdesigns.co.za/collections/meat-band-saw-mincer/products/meat-band-saw-mincer
Of stuur vir ons ‘n epos na: info@claasensdesigns.co.za. Ons telefoonnommer is: 058-852 1632.
Ons staan gereed om jou behulpsaam te wees – maak dus vandag nog kontak met ons!
Hier volg die tegniese spesifikasies:
Elektriese motor 0.75kW 230VAC
Aandryfstelsel V-band & Ketting
Meule Nr. 22 Aluminium
Masjienkas Staalplaat epoksie geverf
Blad, Glybord & Steun Vlekvrye Staal
Bakwerk vir lem Aluminium bo blad
Lemstabiliseerder Bo en onder die werkblad
Lem spanning verstelling Veer & Skroef
Saaglem katrolle Ø280mm met ‘n lem rugkant
Saaglem & Spoed (0.5x16)x2200mm, 4TPI, 9m/s
Werkopening B260mm x H350mm