Jag, slag en saag! – Claasens Designs CC

Jag, slag en saag!

aandryfstelsel Beeskarkas carcass calculator lem lem verstelling meule Vleissaag werkopening werkvlak

Ons hier by Claasens het net die regte produk om jou slagekspedisie 'n plesier te maak - 'n elektriese vleissaag en meule kombinasie!

Die 410 Claasens vleissaag is ‘n medium grootte saag met ‘n sterk aandrywing en bypassende meule.  Soos al die ander Claasens produkte is die vleissaag ook van uitstaande kwaliteit en die ontwerp is tegnies van hoë gehalte.

Dit mag klink na ‘n aanvanklike groot kapitaaluitgawe om die vleissaag aan te koop, maar met dit wat jy gaan spaar deur grootmaat vleis te koop en self te saag, of om jou eie wild en ander karkasse te bewerk, gaan jy baie vinnig daardie kapitaal terugkry.  Die saag is ‘n bate wat vir ‘n lang termyn van nut gaan wees!

Die addisionele bonus is dat die saag ‘n meule ook het.  So jy kan ook bespaar deur jou eie maalvleis te maak en wat is nou lekkerder as heerlike tuisgemaakte patties - gebruik net een van ons reeks pattievormers.  

Of maak jou eie wors met een van die Claasens worsstoppers.  Sien – vele maniere om te bespaar en sommer vinnig-vinnig het jy jou kapitaal terug en jou bate werk vir jou!                                                                 

 

Die vleissaag is tegnies ontwikkel om ‘n effektiewe werkverrigting te gee.  ‘n Hoë wringkrag motor, betroubare aandryfstelsel en stabiele lem maak vleisverwerking ‘n plesier!

Die werkopening van (350x260)mm gee kapasiteit vir verwerking van medium karkasse.  Die werkvlak is groot genoeg en die glybord werk met ‘n groef wat dit maklik laat beweeg of dit kan verwyder word wanneer dit nie benodig word nie.

‘n Lemspoed van 9 m/s verseker ‘n gemaklike werkstempo.  Met ‘n lem verstelling van 30mm, kan lemme meermale gelas word as dit breek.  Die 16mm breë lem word goed ondersteun deur koeëllaers om stabiel te wees vir goeie saagwerk.

Die nr 22 vleismeul is groot genoeg om vleis gemaklik te maal.  Die meule word ook voorsien van ‘n stopper waarmee die vleis ingevoer word.

Die saag word tegnies ondersteun deur ‘n een jaar waarborg en onderdele is maklik bekombaar.

Spring gou as jy wil seker maak dat jy een van hierdie puik sae joune kan noem!  

Maak seker jy trek finansiële voordeel uit die aankoop van grootmaat vleis en/of die verwerking van jou eie karkasse.  Bestel vandag nog jou 410 Claasens vleissaag met bypassende meule.  Jy sal nie spyt wees nie!

Al wat jy hoef te doen is om hier te klik:  http://claasensdesigns.co.za/collections/meat-band-saw-mincer/products/meat-band-saw-mincer

Of stuur vir ons ‘n epos na:  info@claasensdesigns.co.za.  Ons telefoonnommer is:  058-852 1632.

Ons staan gereed om jou behulpsaam te wees – maak dus vandag nog kontak met ons!  

En as addisionele bonus het ons hierdie oulike "carcass calculator" op die internet raakgeloop.  Kies die wildspesie wat jy gaan jag het (of beplan om te jag) en die calculator bereken hoeveel vleis jy gaan uitslag (en gee ook 'n paar ander interessante gewigte).

Hier volg die tegniese spesifikasies van die 410 Claasens Vleissaag met meule:

Elektriese motor                                     0.75kW 230VAC 

Aandryfstelsel                                         V-band & Ketting

Meule                                                      Nr. 22 Aluminium

Masjienkas                                              Staalplaat epoksie geverf

Blad, Glybord & Steun                            Vlekvrye Staal                                                        

Bakwerk vir lem                                      Aluminium bo blad

Lemstabiliseerder                                   Bo en onder die werkblad

Lem spanning verstelling                       Veer & Skroef

Saaglem katrolle                                    Ø280mm 

Saaglem & Spoed                                   (0.5x16)x2200mm, 4TPI, 9m/s

Werkopening                                          B260mm x H350mm

 


Older Post Newer Post