Huntex 2016 en die Claasens 410 Vleissaag – Claasens Designs CC

Huntex 2016 en die Claasens 410 Vleissaag

Besoek gerus Claasens Designs se stalletjie (nr 250) by die 2016 Huntex skou van 15 tot 17 April en kom kyk hoe lyk die nuwe 410 Vleissaag!

Koop 'n saag enige tyd van nou tot net na Huntex en ons gee 'n Hand Biltongkerwer gratis saam!   

Saag met handkerwer

Hierdie spesifieke saag het ‘n hele paar uitstaande kenmerke en ons gaan in diepte daarna kyk:

  1. Masjienkas en bakwerk
  2. Aandryfstelsel
  3. Werkopening en werkvlak
  4. Saaglem
  5. Meule
  6. Onderdele en waarborg

Die masjienkas en bakwerk

Die masjienkas word van 2mm staalplaat vervaardig wat dit baie stewig maak en ‘n lang lewensduur verseker.  Die masjienkas word binne en buite met epoksie geverf wat nie toksies is nie.

Die bakwerk vir die lem is van gegote aluminium vervaardig wat sterk genoeg is vir stabiliteit en wat duursaam is en goed vertoon.  Dit word ook met epoksie geverf wat nie toksies is nie. Die knip op die deur sluit stewig.

 Masjienkas

Aluminium bakwerk met deur                         Deur knip

Aandryfstelsel

Die saag se aandryfstelsel word nou van nader beskou:

Motor en aandrywing

Die 0.75kW hoë wringkrag motor is voldoende om gemaklik deur die vleis en bene van enige medium grootte karkas te saag. 

Betroubare aandrywing word verskaf deur die V-belt en ketting onderskeidelik.  Dit is bereken om die verlangde lemspoed te gee om effektief te saag en ook die optimum spoed vir die vleismeule te gee.

Aandrywing word moontlik gemaak deur die spie- en gleufmetode op die aste.  Al die aste word deur dubbel koëllaers ondersteun.  Deur tegnies ‘n praktiese en doeltreffende aanslag te volg, word ‘n hoë kwaliteit standaard daargestel wat die saag betroubaar maak.

Die werkopening en werkvlak

Die vleissaag se werkopening van 260mm breed en 350mm hoog, is voldoende vir die verwerking van medium grootte karkasse.  Die vlekvryestaal werkvlak het ‘n grootte van 585mm x 430mm.

Werk opening     Werkvlak

Die skuifplaat werk met ‘n deurlopende groef op die kant van die werkvlak en dit beweeg maklik wanneer die vleis gesny word.  Net so verstel die snitdikte-skuifplaat ook baie maklik om verskillende diktes snitte te saag.  Die snitdikte-skuifplaat word op ‘n posisie vasgemaak om snitte ewe dik te kan sny. Beide die skuifplaat en die snitdikte-skuifplaat kan verwyder word wanneer dit nie benodig word nie.  Dit word skuins opgelig en met ‘n afwaartse beweging uitgehaal.  Om dit terug te plaas word die teenoorgestelde prosedure gevolg.

Die saaglem

Brons lemgids bo     Brons lemgids onder

Die 4TPI saaglem het ‘n lengte van 2200mm en die breedte is standaard 16mm.

 Tensioner

Dit word goed ondersteun deur die twee koëllaers en die lem stabiliseerders bo en onder die werkvlak.  Die saaglem funksioneer stabiel terwyl gesaag word.  Met ‘n lemspoed van 9m/s kan mens ‘n gemaklike werkspoed handhaaf.  Die lem word in die fabriek opgestel en belyn en kan net so sonder verdere verstelling gebruik word.  Die tande van die 16mm lem steek verby die rand van die katrol om dit veilig te hou terwyl dit werk.

Lemkatrolle het ‘n diameter van 280mm met ‘n rand aan die agterkant wat keer dat die lem nie afgly nie.  Die spanning van die lem word per hand verstel terwyl ‘n veer die spanning konstant hou vir goeie saagwerk.

Die vleismeule

Nr 22 Vleismeule

Die saag is standaard toegerus met ‘n nommer 22 vleismeul waarmee vleis gemaklik gemaal kan word.  Die meule en stopper word vervaardig van gegote aluminium en met ‘n epoksie geverf wat nie toksies is nie.   Deur die stopper te gebruik, kan die vleis veilig in die meule gevoer word.

 Meule aandrywing      Meule en meule vleisstopper

Die meule word aan die saag geheg deur twee boute en moere. 

Die aandrywing van die meule is funksioneel en baie sterk. Die gebruiker moet seker maak dat niks anders as vleis in die meule beland nie.  Dit kan skade binne die meule aanrig.

 Lem en lemplaat

Die vlekvryestaal lem- en lemplaat word as standaard met die meule verskaf.  Na baie gebruik, kan hierdie items stomp raak, waarna dit weer herslyp moet word.

Die onderdele

Onderdele is beskikbaar deur die plaaslike vervaardiger.  Die vleissaag het die vervaardiger se standaard eenjaar waarborg.

Saaglem:

Saaglem

Produkkode:  75VSSL005

Gebruik slegs hierdie gespesifiseerde

grootte saaglem:

0.5mm x(16x2200)mm met 4TPI.

 

Brons Lemgids (Bo en Onder):

Produkkode:  75VSGB011

Brons lemgids bo     Brons lemgids onder

Die boonste en onderste brons lemgidse is identies en uitruilbaar.

 

Meule lem:                                                                      Meule lemplaat:             

Produkkode:  75VSML006                                            75VSMS007 – 6mm gate

75VSMS008 – 8mm gate

 Meule lem             Meule lemplaat

 Vlekvryestaal lem no.22                                                Vlekvryestaal meule lemplaat.                                                                                                 6mm of 8mm gate

 Meule vleisstopper

Produkkode:  75VSF014

Meule Vleisstopper

 

Meule Wurmstut:

Produkkode:  75VSSB009

Wurmstut

Vierkantige stut no. 22 x ½” BSW

 

Meule Slytbus: 

Produkkode:  75VSMB010

Meule slytbus

Slytbus SUSTADUR PET Ø75x25mm

 

V-Belt:

Produkkode:  75VSB012

V-belt 13mm x 900 OPT

 

Kapasitor start:

Produkkode:  75VSC013

100mF 250VAC pre-lead

 


Older Post Newer Post